Gamtoos Irrigation Board News

Nabetragting van droë periode 2018

Die Gamtoosbesproeiingsraad se jaarlikse groot skoonmaakproses van die hoofkanaal het danksy goeie beplanning en nuwe toerusting baie goed verloop. Nege duikpype is die jaar skoongemaak.

Leon Grundling, bestuurder van waterbeheer, sê die spanwerk en kommunikasie tussen die verskillende partye was die jaar ook baie beter as vorige jare.

"Ons daaglikse vergaderings en beplanning lank voor die tyd het beslis vrugte afgewerp. Ek is baie trots op die span,”sê Grundling.

"Beter kragtoevoer en nuwe toerusting het alles vergemaklik en dinge vinniger gemaak.”

Meer aandag is die jaar gegee aan die welige plante op die walle van die kanaal wat die skoonmaakproses belemmer. Dit is gesnoei en gesmeer met 'n spesiale middel om verdere groei te stop.

Abey Maluleka, bestuurder van werke, sê die 2 ekstra kwaliteitsbeheer- en 2 veiligheidsbeamptes was baie effektief met die werk in die duikpype. "Hul verslae was baie insiggewend. En dit was goed om 'n ekstra oog op dissipline in die werkplek te hê,”sê Abey.

Andrè van den Heever, meganiese voorman, sê die ekstra voertuie wat gehuur is om die werkers te vervoer, het dinge baie vlot laat verloop en die werkswinkel meer effektief gemaak in die besige tyd.

Al die sluise se rubbers is vervang, K1 en 2 en Wolwekloofdam se pype is vervang met vlekvrye staal. Mondplaasdam het ook ‘n nuwe vlekvrye staal (abbakas) tenkkas gekry. Vier duikpyproosters is vervang met gegalvaniseerde staal. Elf deksels met 48 boute elk, se boute is vervang met vlekvrye staal boute.

Maluleka sê hulle het die jaar ‘n spesiale trollie ontwerp om vinniger vuilgoed uit die pype te kry. "Vroeër moes ons met emmertjies en ‘n tou die vuilgoed uit dra wat baie lank gevat het. Nou kan ons vyf kruiwaens vol op een slag in die trollies stoot tot by die kraantrok en dit dan laai op die trok.”

Andrew Murray, Hoof waterbeheerbeampte, sê die grootste werk die jaar was die duikpyp by White City wat in 2006 laas skoongemaak is. Die tonnel is 3.2km lank.

Murray wat ‘n kranige duiker is en ‘n mynagtergrond het, sê hy is glad nie bang vir klein ruimtes nie en het al in so nou as 'n 50cm pyp ingeklim.

"Die groot gevaar is eintlik die bakteriee in die modder, veral 2 wat binne ure gangreen kan veroorsaak as jy ‘n skraap of oop seerplek op jou lyf het,”sê hy.

Grundling sê dit is juis oor die gevaarlike bakterieë in die modder dat geen gereedskap of toerusting by die werkplekke gelos word nie, maar veilig toegesluit word.

Volgende jaar is dit duikpype by Scheepersdam, Gonjakloof, Patensie en Robert Scott se beurt.


Latest articles

Repairs on D-canal

D-canal at Kok se plaas had the Gamtoos Irrigation Board running around with one emergency after the other.
15-11-2018
 

Reflection on the de-wate...

The Gamtoos Irrigation Board's big annual clean up process of the main canal went smoothly thanks to good planning and new equipme...
15-11-2018
Contact details
Fred Ferreira Way, Patensie, 6335, Eastern Cape
+27 (042) 283 0382
+27 (042) 283 0329
info@gamtooswater.co.za

Emergency Contact details
General 066 470 3782
R Colesky 083 703 0428
A Murray 083 490 1737
L Grundling 083 552 0157
Find us
Stay in touch
Sign up for newsletter