null

Jaarverslag 2022

Doodsklip by die begin van die Kougadam | Foto: Jaco Malan

Hoe spreek ’n mens ’n watergemeenskap aan in ’n jaar wat elke greintjie krag en die wil om te oorleef geëis het?

Ons gange is stil; ‘n kragopwekker brom in die agtergrond. Die stilte spreek tot die huidige ekonomiese toestande wat die Raad genoop het om operasioneel af te skaal in ooreenstemming met die realiteite van ons vallei. Die kragopwekker vergoed vir die gebrek aan krag en produktiwiteit terwyl ons land se elektrisiteitsreus sukkel om die ligte aan te hou.

Gedurende die 2021/22-waterjaar is daar operasioneel gesproke weer uitstekende werk aan ons skema gedoen. Alhoewel die voltooide werk goeie waarde vir geld verteenwoordig het, is dit nodig om ons landbougemeenskap tyd te gee om te herstel na ‘n paar uitdagende jare. Oor die volgende paar maande sal daar sterk gefokus word op die ontwikkeling van gedetailleerde sakeplanne wat die langtermynvooruitsigte vir instandhoudingswerk aan die stelsel sal bepaal.

Ons het vanjaar ‘n verlore stryd gevoer vir ‘n watertoekenning wat landbouverbruikers ‘n bietjie van ‘n blaaskans sou gee ná vyf jaar van uiters hoë beperkings. Die Kougadam se watervlak het sedert Julie 2021 stadig herstel van 3.89% tot ‘n hoopvolle 15.37% aan die einde van Julie 2022. Die onvoldoende en roekelose waterbestuur in die Nelson Mandelabaai Metro ten koste van gedissiplineerde landbouverbruikers bly egter ‘n probleem.

Juis daarom is dit belangrik om rondom ‘n tafel te sit en ‘n betekenisvolle rol in gesprekke te speel as ‘n moderne organisasie wat op alle vlakke as getransformeer beskou word. As ‘n water-entiteit moet ons relevant bly in ‘n veranderende omgewing. Die Raad is reeds in ‘n gevorderde stadium in die proses om in ‘n Watergebruikersvereniging (WGV) te transformeer en dit behoort vroeg volgende jaar te plaasvind.

Die sukses van die Raad is geheel en al afhanklik van ons toegewyde span wat passievol is oor hul werk en enige taak met geesdrif aanpak. Elke individu in die bestuurspan is ‘n onafhanklike denker en word aangemoedig om innoverend te wees in hul benadering tot probleemoplossing. Ons nuwe toevoeging, Jonathan, is ‘n spesialis in droë-land rehabilitasie. Die behoefte aan ‘n holistiese benadering tot ons kanaalstelsel regverdig sy aanstelling.

Die implementering van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing se projekte was ‘n uitdaging gedurende 2021/22. Departementele prosesse en die beskikbare begrotings het ‘n baie groot impak gehad op die kontrakte wat geteken kon word en fondse wat bestee is. In ooreenstemming met die afskaling van bedrywighede, is personeel van 32 tot 11 verminder.

Ons onthou vir Tertius Meyer, ons voorsitter wat sy stryd teen kanker in Oktober 2021 verloor het, met groot hartseer. Tertius was sedert 2003 in die Raad; hy het die Hankey-afdeling verteenwoordig en is na Merwe du Preez se heengaan in 2011 tot voorsitter verkies. Tertius het tydens sy termyn respek verdien as ‘n goeie leier met visie en integriteit. Hy is te gou van ons weggeneem en sy bydrae sal gemis word.

Pietie Ferreira van Wagondrift is in sy plek gekoöpteer en Marthinus Colesky het intussen die Raad gelei. Die ander raadslede is Khaya Katoo, SG Ferreira en Manus Meyer.

Hierdie individue gee onselfsugtig van hul tyd en het ‘n besonderse kennis van waterkwessies opgebou. Hul onpartydige leierskap en insette is absoluut onskatbaar om suksesvolle uitkomste te verseker.

Rienette Colesky
Rienette Colesky

Die jaar 2021 het met abnormale uitdagings saamgeval. Daar is ‘n sekere aanname dat as jy vir ‘n sitrusoes gesorg het, en alles in jou vermoë gedoen het om ‘n optimale opbrengs te verseker, die gepaste opbrengs gerealiseer sal word. Vanjaar was ons egter magteloos teenoor verskeie eksterne faktore wat ons inkomste en voortbestaan bepaal. Alhoewel ek vanuit die oogpunt van ‘n sitrusboer praat, geld dieselfde vir alle boerderybedrywighede in ons vallei.

Die grootste bekommernis is nie meer hoe om te oorleef op die 15%-waterkwota wat by die skema beskikbaar is nie. Daar is groter oorwegings, byvoorbeeld die geweldige brandstofprysstyging gedurende die jaar wat deur die oorlog in die Oekraïne veroorsaak is. SA se onvoorspelbare kragtoevoer het ‘n impak op boerdery-aktiwiteite sowel as voorsieningskettingbedrywighede gehad. Die ekonomiese gevolge van COVID-19 word steeds regoor die wêreldwye logistieke stelsel gevoel terwyl oorsese lande hul eie produsente beskerm, of ons daarvan hou of nie. Dit laat ons vanjaar verslaan voel.

Die nagevolge wat Eskom ervaar weens jarelange korrupsie en die verwaarlosing van instandhouding word nou deur alle Suid-Afrikaners gevoel. Die enorme koste-implikasies van ‘n ekonomie wat met elke vlaag kragonderbrekings tot stilstand kom tref elke sak, verarm ons land en verhoog werkloosheid. Daarom moet die voorsiening van water aan ons landbouwaterverbruikers en munisipaliteite nooit toegelaat word om in ‘n toestand van ineenstorting en gebrek aan fondse te verval nie.

Fondse wat deur ons waterverbruikers aan die Gamtoos-Besproeiingsraad toevertrou word, moet met deursigtigheid en wysheid bestuur word, en ons moet daarna streef om die voorsieningskapasiteit van ons skema so effektief moontlik te handhaaf deur innoverende idees en gereelde instandhouding.

Die skema word goed bestuur. Die Raad geniet die vrugte van die intensiewe instandhoudingswerk wat die afgelope paar jaar gedoen is. Die geleentheid om die werk te doen het ontstaan gedurende die jare van ernstige beperkings, aangesien die skema meer toeganklik was. ‘n Gemiddelde waterverlies van 7.5% in ‘n oop stelsel word tans aangeteken. Die Raad is sigbaar in die Gamtoosvallei, en ook in die breër gemeenskappe, insluitend staatsdepartemente en ander relevante platforms. Om ‘n verskil in ons omgewing te maak, moet ons gesien word.

Mag 2022 ‘n paar goeie verrassings oplewer. Ons het dit nodig in ‘n vuisvoos vallei.

Marthinus Colesky
Marthinus Colesky

Jonathan Snyders het in April van die Werk-vir-Vleilande-projek oorgeskuif om droë-land rehabilitasie rondom die sementstrukture op ons skema te bestuur. Afgesien van sy ervaring op hierdie gebied, sal Jonathan se kennis van beton hom in staat stel om ‘n waardevolle bydrae te lewer.

Gedurende die vorige finansiële jaar het ons 10 plaaslike studente vir ons plant voortplanting kursus ingeskryf. Nege het die kursus suksesvol voltooi en twee het in verskillende hoedanighede by die Raad aangesluit.

Aan die begin van die jaar het ons ‘n behoefte aan ‘n pasmaker en draaier in ons werkswinkel geïdentifiseer. ’n Matriekleerder aan die Hoërskool Daniel Pienaar, Jacques Erasmus, is gewerf om sy vakleerlingskap te voltooi.

Jonathan Snyders
Jonathan Snyders
Jacques Erasmus
Jacques Erasmus

Waterbeperkings 2021/22

Dit was die sesde agtereenvolgende jaar dat waterverbruikers in ons skema se kwotas beperk is.

Nuwe rekord laag:

Die Kougadamvlak op 22 Julie 2021: 3.89%

Water vanaf die Kougadam tydens volle kwota jaar

Landbouverbruikers: 60.188-miljoen m³
Munisipaliteite (Hankey, Patensie, Nelson Mandelabaai): 24-miljoen m³

2021/22 waterbeperkings

Landbouverbruikers: 85%
Kouga Munisipaliteit: 50%
(Die ander bronne in die Algoa-stelsel is met 40% beperk en die Metro is met 85% beperk vanaf
die Loeriedam.)

Impak op die landbou

Die profiel van grondgebruik het dramaties verander om by die tekort aan water aan te pas. Innoverende planne word gemaak en grondwater was op skaal ontgin. Hierdie duur proses het waterverbruikers se reserwes beïnvloed.

Waterrantsoenering

Dit is operasioneel moeilik om ‘n 15%-toekenning te bestuur. Die stelsel is teen lae volumes bedryf en water is vyf dae per week beskikbaar gestel. Dit het gelei tot hoë waterverliese:
• Gemiddeld aangeteken: 30.7%
• Volume van verlies: 5.4-miljoen m3 (9% in ‘n volle kwotajaar)

Teen 30 Junie 2022 het landbouwaterverbruikers 90.3% van die 15%-kwota gebruik.

Jaar Kougadamvlak op 30 Junie Toekenning vir waterjaar
 2022 15.37%  20%
 2021  4.19%  15%
 2020  7.11%  20%
 2019  44.98%  85%
 2018  7.89%  40%
 2017  18.65%  40%
 2016  68.03%  100%
 2015  100.27%  100%
 2014  88.97%  100%
 2013  87.18%  100%
 2012  87.96%  100%
 2011  100.93%  100%
 2010  34.42%  40%

Operasionele Gesondheid

2022 Droë Tydperk
‘n Enorme hoeveelheid werk is gedurende hierdie twee weke aan ons skema gedoen.

Hoogtepunte

• Betrek 20 kontrakteurs, elk met 10 werkers.
• Verskaf noodhulpopleiding, gesondheids- en veiligheidsopleiding, asook opleiding om beperkte ruimtes te hanteer. Dit ploeg kennis terug in ons gemeenskappe.
• Werk-vir-Water personeel is aangewys om dele van die projek te bestuur.

Werk voltooi

• Komdomo Duikpyp (A7): Ontwater, skoongemaak, geïnspekteer.
• A1 Tonnel: Skoongemaak, geïnspekteer, herstel.
• H. Moolman Duikpyp (A95): Ontwater, skoongemaak, geïnspekteer.
• Bodker 1 Duikpyp (A84): Ontwater, skoongemaak, meganiese seël vervang.
• Wagondrift 1 Duikpyp: Meganiese seël geïnstalleer.
• Tweeling en Patensie Duikpyp: ‘Rock traps’ geïnstalleer.
• Hoofkanaal (Afdelings 80-85): Skoongemaak, herstel met bitu-stopverf en bitu-plastiek.
• Hoofkanaal stroomaf van Buffelshoek Duikpyp (A86-104): Skoongemaak, herstel met bitu-stopverf en bitu-plastiek.
• Hoofkanaal (107): Spesiale instandhouding van die oorblywende 480m deel.
• Hoofkanaal: Algemene instandhouding van die oorblywende seksies.
• Mullerdam (D-Balanseringsdam) uitlaatwerke: Waterseël geïnstalleer by konstruksielas binne die sluiskamer.
• B-kanaal: Bykans hele kanaal skoongemaak, herstel met bitu-stopverf en bitu-plastiek.
• Algemene instandhouding van alle ander takkanale.
• Algemene instandhouding van alle outomatiese sluishekke.

Daaglikse take

• Bestuur van plantegroei en onkruid langs die kanaalstelsel.
• Droë-land rehabilitasie by verskeie plekke langs die skema.
• Onderhou stelsel; herstel lekkasies en strukturele probleemareas.
• Bestuur die toevoer van water.

Die Raad is besig om ‘n nuwe rekenaarprogram vir die bestuur van die waterstelsel te finaliseer. Die doel is om te fokus op die behoeftes van die skema en Gamtoosvallei-waterverbruikers. Hierdie program sal volgende jaar parallel met die WAS-program funksioneer.

Finansiële Gesondheid

Finansiële state
Gedurende die 2021/22-jaar het die Raad:
• aansienlik meer aan skema-instandhouding bestee
   • R9-miljoen op verbruiksvoorraad en konsultante (teenoor R5.5-miljoen in 2020/21)
• bespaar op vaste uitgawes soos personeel en administrasie.

Op die oog af 2021/22 2020/21
Totale reserwes R30-miljoen R29-miljoen
Waterbelasting ingevorder R27.5-miljoen R25.1-miljoen
% van inkomste uit waterbelasting 72.7% 61.7%
Inkomste gesubsidieer deur Werk-vir-Water 9.5% 13%

Die Raad het geen langtermynskuld nie.

Begroting 2022/23

• Totale begroting: R36 585 800
• Waterbelasting: 67.7% van die totale begroting (2020/21: 68.9%)
• Werk-vir-Water inkomste subsidieer die begroting met 8.2% (2020/21: 8.3%). Let daarop dat al hoe minder vertroue in die kommissie uit hierdie inkomste geplaas word.

Watertariewe 2022/23

• Geen verhoging word aanbeveel nie.

Daar is empatie vir die geweldige druk waaronder landbouverbruikers tans funksioneer.

Beskrywing Vorige Tarief Nuwe Tarief
Waterhulpbronbestuursheffing (DWS) R203.20 R216.80
Verbruiksheffing op hoofkanaal en Kougadam (DWS) R325.60 R358.40
Gamtoos-Besproeiingsraad waterbelasting R3306.20 R3259.80
Totaal (basies van 80% of minder van volle toekenning) R3835.00 R3835.00
Groottotaal (volle toekenning) R4286.58 R4286.58

Bedrae sluit nie BTW in nie.

Finansiële Gesondheid

Finansiële state
Gedurende die 2021/22-jaar het die Raad:
• aansienlik meer aan skema-instandhouding bestee
   • R9-miljoen op verbruiksvoorraad en konsultante (teenoor R5.5-miljoen in 2020/21)
• bespaar op vaste uitgawes soos personeel en administrasie.

Op die oog af 2021/22 2020/21
Totale reserwes R30-miljoen R29-miljoen
Waterbelasting ingevorder R27.5-miljoen R25.1-miljoen
% van inkomste uit waterbelasting 72.7% 61.7%
Inkomste gesubsidieer deur Werk-vir-Water 9.5% 13%

Die Raad het geen langtermynskuld nie.

Begroting 2022/23

• Totale begroting: R36 585 800
• Waterbelasting: 67.7% van die totale begroting (2020/21: 68.9%)
• Werk-vir-Water inkomste subsidieer die begroting met 8.2% (2020/21: 8.3%). Let daarop dat al hoe minder vertroue in die kommissie uit hierdie inkomste geplaas word.

Watertariewe 2022/23

• Geen verhoging word aanbeveel nie.

Daar is empatie vir die geweldige druk waaronder landbouverbruikers tans funksioneer.

Beskrywing Vorige Tarief Nuwe Tarief
Waterhulpbron-bestuursheffing (DWS) R203.20 R216.80
Verbruiksheffing op hoofkanaal en Kougadam (DWS) R325.60 R358.40
Gamtoos-Besproeiingsraad waterbelasting R3306.20 R3259.80
Totaal (basies van 80% of minder van volle toekenning) R3835.00 R3835.00
Groottotaal (volle toekenning) R4286.58 R4286.58

Bedrae sluit nie BTW in nie.

Transformasie

Die Gamtoos-Besproeiingsraad is in 1991 as ‘n besproeiingsraad geproklameer en is ‘n statutêre liggaam kragtens die Nasionale Waterwet van 1956. Die doel van die Nasionale Waterwet van 1998 is onder meer dat besproeiingsrade in watergebruikersverenigings (WGV) omskep word.

Die hoofdoelwit van ‘n WGV is om water vir ‘n spesifieke gebied op voetsoolvlak te bestuur. Dit neem die regsvorm aan van ‘n ko-operatiewe assosiasie van individuele waterverbruikers wat waterverwante aktiwiteite tot almal se voordeel onderneem.
Gedurende 2021/22 het twee aangrensende opvanggebiede, insluitend Baviaanskloof en die Kabeljousrivier, aangedui dat hulle deel wil vorm van die nuwe WGV. Dit is met groot opgewondenheid dat ons hierdie waterverbruikers bytrek.

Die Gamtoos-Besproeiingsraad is in breër terme verantwoordelik vir die bestuur van ’n staatswaterskema met sy eie kompleksiteite en kostestruktuur, maar daar is watergebruikers in ander gebiede wat nie die kundigheid en administratiewe vermoëns het om antwoorde en advies oor daaglikse wateruitdagings te gee nie. Hierdie groter entiteit behoort aan al dié behoeftes te voldoen.

transformation

Werk-vir-Water

Die Natuurlike Hulpbronbestuursprojekte van die Departement Bosbou, Visserye en Omgewing (DFFE) verteenwoordig ‘n groot deel van die Raad se aktiwiteite. Alhoewel min van ons voltydse personeel betrokke is, kan die omvang van die werk nie onderskat word nie.

Die 2021/22-jaar was besonder uitdagend. Onsekerheid oor die toekomstige aard van die projekte het die Raad genoop om personeel te verminder en vaste koste tot op die been te sny. R45-miljoen is altesaam bestee.

Die pad vorentoe

Vir eers is dit nodig om konserwatief te bestee en duidelikheid te verkry oor die ekonomiese situasie van ons befondsers.

Daar is baie werk om te doen en nie genoeg tyd om dit te doen nie. Maar ons sal nie die doelwit uit die oog verloor nie: Optimale waterbestuur met ‘n stelsel wat na die beste van ons en ons waterverbruikers se vermoë bedryf word.

Ons hou nie net onsself verantwoordelik vir die toekoms van ons waterverbruikers en waterbronne nie. Dit is belangrik om alle belanghebbendes in ons opvangsgebied verantwoordelik te hou vir watergebruik en vir die kwaliteit van ons waterbronne wat in die Kougadam vloei, en die riviere in ons area wat na die see vloei.

Waterkwaliteit en verantwoordelike kwotagebruik is kwessies wat die volhoubaarheid van ons waterbronne, asook die beskikbaarheid vir landbougebruik, sal beïnvloed. Die betrokkenheid van die Raad as verteenwoordigende liggaam op alle platforms wat met waterwese verband hou is om hierdie rede belangrik.

Ter wille van ons landbou- en residensiële verbruikers kan ons nooit sê dat enige waterkwessie nie ons probleem is nie.

“Asimi, siyaqhuba.”
“Ons staan nie stil nie; ons beweeg vooruit.”