Repairs on D-canal

D-canal at Kok se plaas had the Gamtoos Irrigation Board running around with one emergency after the other.

Due to a burst pipe on D-canal, the cleaning of the canal had to be done a week earlier than planned. Another repair was needed when the pipe next to the previous repair had to be replaced.

It had to be replaced by a 16m steel pipe with a 900mm diameter. A specialized contractor had to be used to do this work. The work was completed with a 30 ton excavator on very dangerous and steep terrain.

D-kanaal by Kok se plaas het die Gamtoos Besproeiingsraad die jaar omtrent rond laat spring.

Behalwe dat die jaarlikse groot skoonmaakproses van die D-kanaal op 30 April onverwags met ‘n hele week vervroeg is toe ‘n hoofkanaalpyp wat D-kanaal voer gebars het, moes die pyp net na die droëperiode vervang word toe die pyp net langs die nuutverseëlde pyp ook gebars het.

‘n Spesiale vragmotor moes die nuwe 16 meter pyp met ‘n 900mm deursnee vervoer en ‘n spesiale kontrakteurspan is aangestel om die ou pyp uit te haal en die nuwe een in te sit.

Dit was omtrent ‘n gesig om te sien hoe die 30ton slotegrouer soos ‘n vink op skuins hoogtes hang en die bestuurder vernuftig die enorme masjien hanteer.